Read Die soenoffer by Isa Konrad Online

die-soenoffer

'n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansberg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf.Wessel Janke, 'n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om 'n onderhoud te voer met 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om 'n mon'n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansberg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf.Wessel Janke, 'n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om 'n onderhoud te voer met 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om 'n monster te leer ken, maar Isobel Swart is 'n doodgewone vrou, 'n toegewyde ma vir haar kind, haar ewebeeld. Net soos Wessel, is sy op soek na die waarheid... in haarself. Sy wil hê dat mense moet verstaan wat 'n kind tot moord dryf. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Haar verhaal trek hom in, verswelg hom. Haar waarheid word sy waarheid en dit begin daar waar nagmerries duisend dode sterf....

Title : Die soenoffer
Author :
Rating :
ISBN : 9780799352061
Format Type : Paperback
Number of Pages : 309 Pages
Status : Available For Download
Last checked : 21 Minutes ago!

Die soenoffer Reviews

  • Izak De Vries
    2018-10-31 22:56

    'n Baie donker sielkundige riller. Jy loop in die kop van moordenaar rond. Dit is glad nie 'n maklike boek nie, want die tentakels hou jou hart vas baie lank na jy dit neergesit het.Isa Konrad se ander boeke is makliker, maar hierdie een lees jy en jy is bly daaroor, want dis goed, en vir die res van jou lewe ook 'n bietjie bang. Min boeke doen dit!

  • Anne-Marie
    2018-11-14 00:26

    'n Hartseer, grusame boek. Aan die einde het mens meer vrae as antwoorde. Sou Isobel anders gewees het met 'n ander ma? Soveel intelligensie so vreeslik vermors. Die boek laat my hart kramp, laat my naar voel en terselfdertyd so vreeslik jammer vir dit wat onskulidige kinders soms moet deurmaak as gevolg van verwronge volwassenes. En die sirkel word nooit voltooi nie.

  • Rina Coetzee Gous
    2018-11-08 21:10

    Wessel Janke word gestuur na Pretoria om daar 'n onderhoud te voer met een van Suid Afrika se skokkendste moordenaars ooit - 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Haar agtergrond is seker van die haglikste wat mens kan indink en stadig leer Wessel haar ken as veel meer as net 'n reeksmoordenaar.Die atmosfeer deur die hele boek is donker en ongemaklik wat bydra om die hele toon van die boek te stel. Konrad beskryf dit so goed dat jy self ongemaklik en angstig voel net soos Wessel. Ek sal nooit weer dieselfde voel oor die Jakaranda bome in my stad nie. Die minder mooi ontbindende blomme in die strate vervang die mooi wat ek so geniet elke jaar.Die storielyn beweeg in tyd en gee die agtergond wat nodig is om insig in die reeksmoordenaar se lewe te kry. Die poisie verslae verskaf die feitlike inligting en afwisseling waar die emosionele amper oordonderend word. Ek wil nie veel oor die karakters sê nie omdat dit so reuse deel van die storie vorm maar hulle is almal goed ontwikkel en volrond. Daar word ook heel tyd alle kante van die karakters aan jou uitgewys en jy raak self betrokke in jou evaluasie van nie net die moordenaar se motiewe en karakter nie maar van elke ander van die hoofkarakters.Die omslagontwerp van hierdie boek is vir my uitstekend gedoen en gee die donker atmosfeer en amper ongemaklike gevoel alreeds deur.Hierdie boek is meesterlik geskryf en die ontknoping skokkend - selfs al raai jy 'n deel daarvan is dit seker een van die moeilikste laaste twee bladsye wat ek ooit gelees het.Die Soenoffer is 'n sielkundige riller uit die boonste rakke. As jy van Mo Hader, Gillian Flynn of Lauren Beukes se boeke hou gaan hierdie een jou voete onder jou uitlsaan. Baie sensitiewe lesers moet dalk oorweeg of hulle kans sien vir hierdie skokkende verhaal. Ek gee Die Soenoffer 10/10.

  • Karin Behrens
    2018-11-08 23:56

    Die Soenoffer is die verhaal van ‘n 9-jarige reeksmoordenaar. Isobel Maria Swart, wat 25 jaar na die skuldigbevinding van die moord op 2 kinders, ‘n artikel oor haar gepbliseer wil hê. Sy kontak Wessel Janke, wat beter bekend is vir sy artikel oor die supenaturalisme, om die artikel oor haar te doen. Deur die onderhoude wat hy met haar voer, leer ons haar ken en die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die pleeg van die afskuwelike dade. Wessel het egter sy eie demone om te veg en dit is sy verhaal ook. Met die ontknoping kom dit aan die lig waarom Isobel juis vir Wessel genader om die artikel te skryf. Dit sorg vir ‘n kinkel in die kabel en ‘n verrassende slot.Die Soenoffer is ‘n boek wat ‘n mens diep raak, en hier is net ‘n paar aanhalings wat my geraak het:In antwoord op die vraag hoe dit kon gebeur het dat ‘n 9-jarige ‘n reeksmoordenaar word: “Mishandeling en ‘n gebrek aan ‘n vaderfiguur.” (p196)“Deur die maand sou ons haar opbou, dan sou Engela daar opdaag en haar tot die grond afbreek. Dan het ons weer ‘n maand gevat om haar op te bou, en so het dit aangegaan tot meneer Davel uiteindelik besluit het genoeg is genoeg.” (p203)‘Mense voel veiliger as hulle hulself kan wysmaak dat sogenaamde monsters in die samelewing is fratse met wie hulle absoluut niks in gemeen het nie”. (p210) Ten spyte van die somber onderwerp is dit ‘n boek wat so goed geskryf is dat dit maklik lees. Ek kon Die Soenoffer nie neersit nie.

  • Adele Vorster
    2018-11-09 01:02

    Soms lees jy 'n boek wat jou oopruk, wat jou hart omklem en diep spore in jou siel laat. Die soenoffer is so 'n boek.Ek het eers lank daaroor nagedink voor ek besluit het of ek my subjektiewe ervaring van hierdie boek met ander wil deel. Dit het my op 'n baie diep vlak geraak en van my eie wonde oopgeruk. Niemand kan in elk geval waarlik objektief oor 'n boek wees nie - almal lees dit met sy/haar spesifieke bril, ons almal kom na 'n boek met ons eie agtergrond en wêreldsiening wat gekleur is deur ons geskiedenis en ervarings. Ek wil tog hierdie boek se spesiale towerkrag met julle deel.Ek het hierdie boek oor twee dae gelees. Vir hierdie twee dae het my wêreld tot stilstand gekom en niks anders het bestaan nie. Op die eerste dag het ek tot op bladsy 109 gelees. Ek het die boek neergesit, in 'n dwaal opgestaan, die ketel gaan aansit en tee gemaak in 'n poging om weer tot my sinne te kom. Ek het besluit om nie verder te lees nie. Maar Isobel Swart was nie klaar met my nie - sy moes haar storie enduit vertel. Die volgende dag het ek die boek weer opgetel en op my stoepie gaan sit, want ek het gedink ek sal minder bang voel as ek buite in die daglig lees. Ek is dadelik weer ingesluk; om my het die dag sy gang gegaan, maar ek was net bewus van Isobel Swart en Wessel Janke. Ure later het ek die laaste bladsy gelees en toe besef dis skemer, ek het talle oproepe gemis, daar is niks vir aandete nie en my hondjies kyk my erg bekommerd aan. Die soenoffer gaan oor Isobel, wat op negejarige ouderdom 'n reeksmoordenaar word deur ander kinders te vermoor. Vyf en twintig jaar later besluit sy om haar storie aan joernalis Wessel Janke, te vertel. Deur die loop van die roman leer ken die leser beide haar en Wessel se binnewêrelde en kry as te ware 'n kykie in hul psiges. Wat op aarde moet dan verkeerd loop dat 'n negejarige dogtertjie ander kinders om die lewe bring?Die antwoord op hierdie vraag is nie eenvoudig nie, maar eindeloos kompleks en ek dink die skrywer slaag uitstekend daarin om hierdie kompleksiteit uit te beeld. Verskeie uiteenlopende faktore en sienings kom aan die lig, maar die leser word nie gedwing om 'n sekere standpunt in te neem nie. Soos wat Isobel se storie ontvou het, kon ek nie help om empatie met haar te kry nie. Daar is uiters ontstellende tonele wat mens dwing om met ander oë na haar te kyk. Ek het baie gedink aan Carla van der Spuy se boek, Vroue agter tralies waarin genoem word dat vroue-misdadigers se agtergrond nie verskoon wat hulle gedoen het nie, maar mens kry tog 'n beter begrip. Ek het besef dit kon dalk net sowel met my gebeur het! Isobel se proefbeampte sê vir Wessel: "Mense voel veiliger as hulle hulself kan wysmaak die sogenaamde monsters in die samelewing is fratse met wie hul absoluut niks gemeen het nie" (bl. 210). Die wending aan die einde van die boek het vir nóg ekstra spanning gesorg.Ek is weereens baie dankbaar dat daar skrywers is wat nie skroom om traumatiese dinge óóp te skryf nie. Dis myns insiens al hoe daar verandering in ons samelewing gaan kom - deur dit wat die samelewing en oortreders ons geleer het onsêbaar is, hard en duidelik te begin sê; deur stem aan die stemloses te gee.Die soenoffer is 'n uitmuntende sielkundige riller - en ek gaan nog vir baie lank ril en baie lank diep nadink. Hierdie boek sal ek nooit vergeet nie.

  • Maja Steyn
    2018-11-13 03:58

    Isobel Swart het toe sy nege jaar oud was ‘n reeks moorde gepleeg. Nou is sy nie meer ‘n dogtertjie nie, maar ‘n beeldskone vrou met ‘n kind, Daniël, van haar eie. Sy wil haar storie vertel en Wessel Janke is die joernalis van haar keuse. Soos wat hy meer uitvind oor haar verlede, begin hy beter begryp wat iemand na sulke bose dade sal dryf. Hy moet wonder of sy ander geheime het. Het sy werklik soveel verander dat sy nie meer gevaarlik is nie? Of het sy hom vir die onderhoude gekies omdat hy in sy rolstoel ‘n maklike teiken is? Dis vyf jaar vandat ek Die Soenoffer vir die eerste keer gelees het en ek kan nog steeds nie ‘n jakarandabloeisel sien sonder om aan hierdie fantastiese boek te dink nie. Dis die tipe storie wat mens jare lank bybly. Isa Konrad het Pretoria (die plek waar ek grootgeword het) atmosferies en met ‘n ongelooflike oog vir detail beskryf. Reeksmoordenaars is alreeds moeilik om te verstaan en as dit so ‘n jong, onthutsende mooi moordenares is, is dit amper onmoontlik. Maar Isobel is so ‘n oortuigende karakter dat dit aangrypend en ontstellend was. Die eerste keer wat ek dit gelees het, het ek deur die boek gejaag. Ek moes uitvind wat aan die einde gebeur! Hierdie keer kon ek behoorlik die skryfstyl bewonder. Dit bly een van die beste rillers wat ek al gelees het.

  • Marisca Harris
    2018-11-09 23:08

    O, my liewe genade. Moenie dink jy weet wat jy dink jy weet nie. Isa weet jy dink jy weet en toe skryf sy so kinkelend dat daar altyd ‘n verrassing was.Dit is tragies dat ons in ‘n wêreld lewe wat van kinders moordenaars maak. Maar dit is die realiteit. Daar is slegte mense daarbuite, en hulle het ‘n onaangename vermoë om ander na die donker te lok. Grootmense maak of breek kinders. En dié wat breek verstaan nie van aanspreeklikheid nie. Dit is dus ‘n meesterlike skrywer wat vir jou die tipe insig kan gee in die sielkundige lewe van ‘n sielsieke, dat jy ‘n mate van simpatie kan beleef ondanks die gruwelike waarheid.Isa Konrad is verseker so ‘n skrywer. Ek was meegevoer en vasgevang. Ek het so baie geleer deur hierdie boek te lees, maar meer nog, het ek simpatie ontwikkel vir ‘n baie stukkende stukkie mens. Ek het gedag ek het die ontkonping voorgespring met my slimdink, maar ek was telkens verkeerd. Of eerder, ek was reg, maar ek vermoed dis hoe die skrywer dit beplan het. En sy het kinkels gebêre wat aan my bewys het dat ek glad nie in beheer van hierdie verhaal was nie.Hoe bly is ek nie nou dat daar nog ‘n Isa Konrad op my boekrak staan nie. Hierdie was een ongelooflike leeservaring. Sjoe.

  • Marie-Antoinette
    2018-10-22 01:09

    Wat veroorsaak dat 'n nege jarige kind ander jonger kinders vermoor? Wessel Janke ontmoet Isobel Maria Swart jare later om haar kant van die storie te hoor en te skryf. Haar prostituut ma, Engela, is oorlede en dit is tyd dat die waarheid moet uitkom. Sover, kan ek al aflei hoekom sy dit gedoen het: haar ma het niks vir haar omgegee nie en het haar mishandel miskien ook toegelaat dat sy gemolesteer word.Isa Conrad het uitstekende werk gedoen met die boek. Dit is regtig iets moois wat mens dieper laat dink oor waarom sommige mense die dinge doen wat hulle doen. 'n Mens se lewe is nie net altyd swart en wit nie - wat mens sien vertel mens nie noodwendig veel van wat in iemand se lewe gebeur het nie. 'n Kind wat sonder liefde groot word weet nie heeltemal hoe om liefde te betoon nie. Dit is tragies dat ons in 'n wêreld lewe wat van kinders moordenaars maak. Maar dit is die realiteit. Daar is slegte mense daarbuite, en hulle het ‘n onaangename vermoë om ander na die donker te lok. Grootmense maak of breek kinders. En dié wat breek verstaan nie van aanspreeklikheid nie. 'n Skrywer het die vermoë om die insig te kan gee in die sielkundige lewe van ‘n sielsieke, dat jy ‘n mate van simpatie kan beleef ondanks die gruwelike waarheid. Isa Konrad is verseker so ‘n skrywer. Ek was meegevoer en vasgevang. Ek het so baie geleer deur hierdie boek te lees, maar meer nog, het ek simpatie ontwikkel vir ‘n baie stukkende stukkie mens. Daar is 'n kinkel in die kabel en ons leer wie Wessel Janke eintlik is - hy het ook maar 'n verlede wat baie vervleg is met die van Isobel. Hulle het baie meer in gemeen as wat mens kan verwag. Soms lees jy 'n boek wat jou oopruk, wat jou hart omklem en diep spore in jou siel laat. Die soenoffer is so 'n boek. Ek het eers lank daaroor nagedink voor ek besluit het of ek my subjektiewe ervaring van hierdie boek met ander wil deel. Dit het my op 'n baie diep vlak geraak. Niemand kan in elk geval waarlik objektief oor 'n boek wees nie - almal lees dit met sy/haar spesifieke bril, ons almal kom na 'n boek met ons eie agtergrond en wêreldsiening wat gekleur is deur ons geskiedenis en ervarings. Ek wil tog hierdie boek se spesiale towerkrag met julle deel. Ek het hierdie boek oor twee dae gelees. Die soenoffer gaan oor Isobel, wat op negejarige ouderdom 'n reeksmoordenaar word deur ander kinders te vermoor. Vyf en twintig jaar later besluit sy om haar storie aan joernalis Wessel Janke, te vertel. Deur die loop van die roman leer ken die leser beide haar en Wessel se binnewêrelde en kry as te ware 'n kykie in hul psiges. Wat op aarde moet dan verkeerd loop dat 'n negejarige dogtertjie ander kinders om die lewe bring? Die antwoord op hierdie vraag is nie eenvoudig nie, maar eindeloos kompleks en ek dink die skrywer slaag uitstekend daarin om hierdie kompleksiteit uit te beeld. Verskeie uiteenlopende faktore en sienings kom aan die lig, maar die leser word nie gedwing om 'n sekere standpunt in te neem nie. Soos wat Isobel se storie ontvou het, kon ek nie help om empatie met haar te kry nie. Daar is uiters ontstellende tonele wat mens dwing om met ander oë na haar te kyk. Isobel se proefbeampte sê vir Wessel: "Mense voel veiliger as hulle hulself kan wysmaak die sogenaamde monsters in die samelewing is fratse met wie hul absoluut niks gemeen het nie" (bl. 210). Die wending aan die einde van die boek het vir nóg ekstra spanning gesorg. Ek is weereens baie dankbaar dat daar skrywers is wat nie skroom om traumatiese dinge óóp te skryf nie. Dis myns insiens al hoe daar verandering in ons samelewing gaan kom - deur dit wat die samelewing en oortreders ons geleer het onsêbaar is, hard en duidelik te begin sê; deur stem aan die stemloses te gee. Die soenoffer is 'n uitmuntende sielkundige riller - en ek gaan nog vir baie lank ril en baie lank diep nadink. Hierdie boek sal ek nooit vergeet nie.Ons biblioteek plak 'n bladjie agter in die boek waarop die wat dit gelees het hulle voorletter kan sit en kommentaar te skryf. Daar was 'n paar inskrywings wat my oog gevang het. "Dit vertel 'n vreeslike storie." - Ongelukkig is dit realitiet."Glad nie goeie boek nie. Verwarrend" - Ek weet nie wat die leser verwarrend ervaar het nie!!??"Nie klaar gelees nie - Te ontstellend" - Watter tipe boek het die leser gedink gaan sy/hy kry?? 'n Fee-verhaal?? Op die buiteblad staan daar "Die storie van 'n negejarige reeksmoordenaar." As die leser 'n boek wou hê wat haar nie ontstel nie, moes sy/hy nie boek uitgeneem het nie.

  • Amanda
    2018-11-11 03:06

    Die Soenoffer word in 2011 deur Lapa uitgegee, en herdruk in 2016. ’n Kopie beland op my boekrak en my emosies begin wipplank ry nog voordat ek verby die aangrypende voorblad vorder. Dit duur vir meer as ’n jaar, want omdat dit ’n Isa Konrad is, wil ek dit lees, maar ek bevraagteken dit of ek die stamina het daarvoor. ’n Paar dae gelede waag ek dit om die openingsin te lees, en die skaal tip. Ek móét dit lees.Wessel Janke, ’n gestremde joernalis, word getaak om vir vier weke Pretoria toe te gaan om onderhoude te voer met Isobel Swart. Hy voel homself nie bekwaam daarvoor nie, maar die proefbeampte het spesifiek versoek dat hý die onderhoude doen en ’n artikel oor Isobel skryf. Reeds op bladsy 50 verwoord die skrywer Wessel se belewenis as fisieke hartseer. "Hy voel uitgelewer aan Isobel se waarheid." Dit som eintlik my eie gewaarwording baie goed op: uitgelewer, aan die ontsetting van geestesversteurheid, molestering, afknouery, prostitusie, wreedheid, verwaarlosing.Die skrywer gaan baie slim te werk om die verhaal van Isobel te laat ontplooi. Direkte dialoog tussen Wessel Janke en Isobel, asook smet ander rolspelers, polisieverslae, verklarings, e-korrespondensie met aanhangsels, word om die beurt ingespan om die veelvlakkige verhaal laag vir laag oop te breek. Die mees skokkende is die terugflitse wat Isobel beleef.Hierdie verhaal maak ’n baie diep en blywende indruk; met elke stukkie van die waarheid van die makabere gebeure van 1985 wat oopgeskryf word, voel ek byna verplig om weer te gaan lees, om seker te maak van feite wat ek dalk te oorsigtelik gelees het. Dit is weliswaar 'n boek wat ’n herlees sal regverdig, mits jou hart dit kan hou. Wees verseker van skryfwerk van hoogstaande gehalte, en oorgenoeg interessante wendings om jou deurentyd vasgenael te hou.

  • Henning J van Vuuren
    2018-10-22 00:05

    Ek moet erken dat ek nie seker is in watter genre hierdie verhaal tuishoort nie. Dit is immers van die begin af bekend dat Isobel Maria Swart op negejarige ouderdom kleuters vermoor het. Nou, nadat sy tronkstraf uitgedien en ’n seuntjie van haar eie het, wil sy oënskynlik haar kant van die storie aan die joernalis Wessel Janke vertel. Janke, wat beter bekend is vir sy beriggewing oor vlieënde pierings en ander onverklaarbare verskynsels reis al die pad van Stellenbosch na Pretoria vir hierdie eksklusiewe onderhoud. Die gru gebeure in Isobel se kinderjare (vernuftig ineen verweef deur verslae, ’n terugblik op gebeure en die gesprekke wat die neurotiese Janke met Isobel voer) word teen ’n perfekte pas aangebied. Die storie is geloofwaardig en die skryfwerk van uitstekende gehalte. (Ek kla altyd oor te veel vergelykings en metafore.)Die slot is ’n verrassing. (Ek sou dalk die laaste twee bladsye wou verander. ;-))Knap gedaan.

  • Lelani
    2018-11-08 01:56

    Die Soenoffer is 'n boek wat jou op 'n donker reis vat en stadig maar seker die gebeure van die verlede ontrafel tot op die laaste bladsy. Dit was 'n interessante lees met genoeg vermaak vir die wat hou van ietsie so bietjie donkerder. Ek sien uit na Isa Konrad se volgende boeke.

  • Chris Steneke
    2018-11-15 03:03

    Loshande een van die beste boeke wat ek nog gelees het.