Read Poppekas by Deborah Steinmair Online

poppekas

Poppekas is 'n spanningsverhaal met skop oor moord in die Moederstad. Waar is Harm en hoeveel verdiepings het die mediatoring? Een vreeslose vrou het genoeg gehad. Sy durf die korporatiewe reuse kaalvuis aan, van die koerantkantoor tot in die vensterwassersbakkie. Sy verruil die HAT vir karate-kata's, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies....

Title : Poppekas
Author :
Rating :
ISBN : 9780799355208
Format Type : Paperback
Number of Pages : 249 Pages
Status : Available For Download
Last checked : 21 Minutes ago!

Poppekas Reviews

  • Ilse Van dyk
    2019-04-04 07:38

    Hierdie speurverhaal word op n kreatiewe manier aan die leser opgedis. Ek kon dit eenvoudig nie neersit nie.

  • Machiel Viljoen
    2019-04-06 09:37

    As jy van Afrikaans hou, is hierdie suiwer marteling. Die hoeveelheid Engels in hierdie boek is walglik. Ja, die storie is nogal oorspronklik en snaaks en die boek lees maklik.En hoewel dit toeganklik sou wees vir jongmense, is die seks en vloekwoorde onvanpas.Maar wat help 'n teks wat niks doen vir die taal nie en bloot "lekker" is om te lees - absolute spookasem...

  • Lelani
    2019-04-16 04:34

    Wiesa Rabie is 'n sub in die nagkantoor van 'n dagblad. Op die dag wat hulle die koeltorings opblaas sak haar kollega langs haar inmekaar en vier mans in grys pakke vat hom weg. In haar ondersoek om sin te maak daarvan raak Wiesa betrokke by 'n komplot en blitsig moet sy haar woordeboeke verruil vir karate-kata's en koes vir koeëls. Poppekas is Deborah Steinmair se eerste speurroman met wetenskapfiksie-elemente waarin sy haar uitmuntend van haar taak kwyt om die Russiese nes poppe een vir een van mekaar af te haal en so die raaisel vir die leser te onthul.Poppekas het 'n heerlike spanningslyn en die pas word tot op die laaste bladsy volgehou.

  • Elize
    2019-04-02 08:47

    Strange storyline, but good read overall.

  • Anne-Marie
    2019-04-16 08:33

    Wat 'n heerlike, heerlike lekker-lees boek! En wie sê dis nie waar nie ;-)

  • Chanette
    2019-04-24 03:50

    Ek sou dit 'n 5 gegee het as sci-fi-elemente deel van my leesvoorkeur was.Heerlik geskryf!

  • Kitten
    2019-04-13 04:29

    Ek kon Poppekas nie klaarmaak nie. Dit is lekker om te sien dat Afrikaanse spanningsverhale ook wetenskapfiksie begin insluit, maar hierdie boek was swak geskryf en die stereotipes wat die plek van volronde karakters inneem, sit my heeltemal af.(En laat ons nie vergeet nie - dis deesdae skaars moontlik om in Afrikaans aan Suid- Afrikaanse universiteite te studeer, maar Harm het dit aan 'n Poolse universiteit gedoen?! Suspension of disbelief is een ding; hier word suspension of intelligence vereis!)

  • Jana Brits
    2019-04-26 02:30

    Poppekas is 'n baie maklike lees boek wat jy nie kan neersit nie. Ek het hom baie geniet!